SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1Theological training in the black Reformed Churches in South Africa (RCSA)Reading Matthew 13 as a prophetic discourse: The four parables presented in public author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

NEL, Marius. Wat is 'die teken van die Seun van die mens' in die hemel (Matt 24:30)?. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-9. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1876.

Waarop dui die 'teken van die Seun van die mens in die hemel' in Mattheus 24:30? Breedweg is daar twee maniere om die frase te interpreteer. In die eerste plek is die koms van die Seun van die mens in die wolke die 'teken van die Seun van die mens'; die frase verduidelik die teken soos weerlig as 'n teken soos dit in Mattheus 24:27 gebruik word. Tweedens kan die teken geïnterpreteer word ten opsigte van die verskillende voorwerpe wat die koms van die Seun van die mens voorafgaan. Wat is die betekenis van die term, 'die teken van die Seun van die mens?' In die bespreking word die frase teenoor sy konteks in die Evangelie geplaas, naamlik Jesus se apokaliptiese diskoers met sy oordeel oor die gevestigde godsdienstige instelling van die Jode soos deur die tempel in Jerusalem verteenwoordig is. Hierna word die eksegese van die teks bespreek. Die doel is om die moontlike denotasies van 'die teken in die hemel van die Seun van die mens' te beskryf.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License