SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1The Semeia in the Gospel according to JohnTheological training in the black Reformed Churches in South Africa (RCSA) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

KNOETZE, Johannes. Perspektiewe op 'n gesins- en jeugbediening vanuit die missio Dei - 'n Afrika-perspektief. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1874.

Die meeste kerke in Afrika beskik nie oor 'n kontekstuele teologie vir 'n gesins- en jeugbediening spesifiek vir Afrika nie, alhoewel die grootste gedeelte van die bevolking in Afrika as jeug geklassifiseer word. Wanneer daar aan gesins- en jeugbediening gedink word, is die eerste vraag wat gewoonlik gevra word hoe dit gedoen word, sonder om duidelikheid te verkry oor wie by die bediening betrokke is en wat die roeping van die bedienaars is, asook wie die gesinne en die jeug is wat bedien word. Hierdie artikel wil 'n bydrae lewer tot die teologiese verstaan van waarom 'n eie gesins- en jeugbediening vir Afrika belangrik is. Aangesien die vraag oor identiteit wesenlik in gesins- en jeugbediening is, word oorsigtelik na omstandighede in Afrika gekyk om daardeur gesinne en die jeug se identiteit binne 'n bepaalde konteks te plaas. 'n Missionale hermeneutiek word as sleutel voorgestel om die roepings- of wat-vraag te beantwoord. Laastens word gesins- en jeugbediening in Afrika vanuit die missio trinitatis Dei bespreek as 'n perspektief om die hoe, wie en wat-vrae te beantwoord.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons