SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Flows of worship in the network society: Liminality as heuristic concept in Practical Theology beyond action theoryA few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

SCHOLTZ, Jacob J.. Kyk die heerlikheid van die Koning: Die chiastiese strukture van Matteus 21-25. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1856.

Die Olyfberg-diskoers is kompleks en moeilik om te interpreteer, dog onontbeerlik vir enige prediking oor die eskatologie. Deur die eiening van twee chiastiese strukture wat mekaar weerspieel, naamlik in Matteus 21:1-23:39 en 24:1-25:46, kan die verhouding en ooreenkomste van die dele tot mekaar en die geheel ge'identifiseer word. Waar die middelpunt van die chiastiese struktuur in Matteus 21:1-23:39 die gesag en identiteit van Jesus Christus, die Here en Seun van Dawid, beklemtoon, fokus die middelpunt van die chiastiese struktuur in 24:1-25:46 op die teken en koms van die Seun van die Mens. Matteus 21:1-25:46 sou 'n belangrike literere eenheid kon wees wat die Koning se ingang na, verwerping en agterlaat van die tempel en Jerusalem tydens sy eerste koms beklemtoon teenoor die teken en koms van die Seun van die Mens na Jerusalem in heerlikheid. Tot dan verwag die Here van sy volgelinge om te waak, om gereed en voorbereid te wees terwyl hulle getrou in hierdie laaste dae vir Hom arbei.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons