SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1The Double Love CommandmentThe Semeia in the Gospel according to John índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

SCHOLTZ, Jacob J.. Kyk die heerlikheid van die Koning: Die chiastiese strukture van Matteus 21-25. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-8. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1856.

Die Olyfberg-diskoers is kompleks en moeilik om te interpreteer, dog onontbeerlik vir enige prediking oor die eskatologie. Deur die eiening van twee chiastiese strukture wat mekaar weerspieel, naamlik in Matteus 21:1-23:39 en 24:1-25:46, kan die verhouding en ooreenkomste van die dele tot mekaar en die geheel ge'identifiseer word. Waar die middelpunt van die chiastiese struktuur in Matteus 21:1-23:39 die gesag en identiteit van Jesus Christus, die Here en Seun van Dawid, beklemtoon, fokus die middelpunt van die chiastiese struktuur in 24:1-25:46 op die teken en koms van die Seun van die Mens. Matteus 21:1-25:46 sou 'n belangrike literere eenheid kon wees wat die Koning se ingang na, verwerping en agterlaat van die tempel en Jerusalem tydens sy eerste koms beklemtoon teenoor die teken en koms van die Seun van die Mens na Jerusalem in heerlikheid. Tot dan verwag die Here van sy volgelinge om te waak, om gereed en voorbereid te wees terwyl hulle getrou in hierdie laaste dae vir Hom arbei.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License