SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1The binding to confessions in a postmodern era índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

COETSEE, Albert J.  y  JORDAAN, Gert J.C.. Die tema van God se spraak in Hebreërs se inleidingsformules. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1852.

Alhoewel die voorkoms en gebruik van die Ou Testament in die meeste navorsing oor Hebreërs besonder baie aandag geniet, is dit nie die geval met die Hebreërskrywer se gebruik van inleidingsformules vir sy Ou-Testamentiese aanhalings nie. Die gevolg is dat daar tot op hede betreklik min selfstandige navorsing oor die Hebreërskrywer se tema van God se spraak by sy inleidingsformules gedoen is. In hierdie artikel word Hebreërs se inleidingsformules in besonderhede nagegaan om te bepaal wat die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak in sy inleidingsformules is. Daar word onder andere bepaal dat Hebreërs 38 direkte aanhalings vanuit die Ou Testament bevat, dat die Hebreërskrywer, met slegs een uitsondering, elke inleidingsformule met 'n werkwoord van inlei, dat 'n Persoon van die Drie-eenheid in 34 van die 38 direkte aanhalings (± 89%) die onderwerp en gevolglike Spreker van die Ou-Testamentiese woorde is, dat die Hebreërskrywer al drie Persone van die Drie-eenheid as God beskou, en dat die Hebreërskrywer oortuig is dat die Ou Testament geïnspireer is en God se geldige en relevante openbaring bly.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons