SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1The education of prospective ministers as an invitation to life: Moving from moral failure to moral excellence through a process of moral formation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETSEE, Albert J.  and  JORDAAN, Gert J.C.. Die tema van God se spraak in Hebreërs se inleidingsformules. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1852.

Alhoewel die voorkoms en gebruik van die Ou Testament in die meeste navorsing oor Hebreërs besonder baie aandag geniet, is dit nie die geval met die Hebreërskrywer se gebruik van inleidingsformules vir sy Ou-Testamentiese aanhalings nie. Die gevolg is dat daar tot op hede betreklik min selfstandige navorsing oor die Hebreërskrywer se tema van God se spraak by sy inleidingsformules gedoen is. In hierdie artikel word Hebreërs se inleidingsformules in besonderhede nagegaan om te bepaal wat die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak in sy inleidingsformules is. Daar word onder andere bepaal dat Hebreërs 38 direkte aanhalings vanuit die Ou Testament bevat, dat die Hebreërskrywer, met slegs een uitsondering, elke inleidingsformule met 'n werkwoord van inlei, dat 'n Persoon van die Drie-eenheid in 34 van die 38 direkte aanhalings (± 89%) die onderwerp en gevolglike Spreker van die Ou-Testamentiese woorde is, dat die Hebreërskrywer al drie Persone van die Drie-eenheid as God beskou, en dat die Hebreërskrywer oortuig is dat die Ou Testament geïnspireer is en God se geldige en relevante openbaring bly.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License