Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
BREED, Gert. 'n Kritiese blik op missio Dei in die lig van Efesiërs. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1707.
Missio Dei is 'n belangrike tegniese term in die gesprek oor die missionale taak van die kerk. Die term word egter nie konsekwent met dieselfde betekenis in die gesprek gebruik nie. Daar word selfs teenstrydige betekenisinhoude aan hierdie term geheg. Sommige gespreksgenote gebruik hierdie term sonder om duidelik te maak wat hulle spesifiek daaronder verstaan. Hierdie situasie lei tot misverstande en kan aanleiding gee tot 'n onbybelse benadering tot sending. Hierdie artikel ondersoek twee belangrike aspekte van die missio Dei-gesprek, naamlik die standpunt dat sending (missio) tot die wese van God behoort en dat Hy daarom 'n sendende God is, asook die standpunt dat sending (missio) uit die Drie-eenheid se onderlinge verhouding voortvloei. Verskillende benaderings in die missionale debat rondom die begrip missio Dei word krities ondersoek en op grond van Paulus se brief aan die Efesiërs geëvalueer. Vanuit die Efesiërbrief word 'n voorstel gemaak ten opsigte van die betekenis wat die begrip missio Dei behoort te dra asook hoe sending op die selfopenbaring van die Drie-eenheid volgens die Efesiërbrief gegrond kan word.