SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DU PLOOY, Andries L.. Calvyn se vierde diens, die doktore-amp, en artikel 18 van die kerkorde van Dordrecht 1618 en 1619: 'n Kritiese refleksie. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-11. ISSN 2305-0853.

Die artikel fokus op Calvyn se besondere rol in die formulering van artikels 2 en 18 van die kerkorde van Dordrecht 1618 en 1619. Hierdie kerkorde word steeds deur 'n groot aantal gereformeerde kerke in die wêreld aanvaar en gebruik. Onderwerpe en probleme wat aangeraak word, sluit vrae in soos die volgende: Wie is verantwoordelik vir die onderrig van Teologie? Is die tradisie geldig dat daar naas die drie dienste van Woordbedienaar, ouderling en diaken ook 'n vierde diens bestaan, naamlik dié van doktor in die Teologie? Kan hierdie tradisie, wat hoofsaaklik op die standpunte van Bucer en Calvyn berus, met die gegewens in die Bybel versoen word? Besondere aandag word aan die volgende aspekte gegee: Historiese gegewens oor doktor in die Teologie met besondere verwysing na die standpunte en invloed van Calvyn. 'n Kritiese evaluering van die begronding van die vierde diens op die Bybel. Die verhouding tussen teologiese opleiding in die konteks van die kerk en/of 'n universiteit. Besondere aandag word gegee aan die situasie in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ten opsigte van die funksionering van hierdie vierde diens. Van die belangrikste konklusies wat gemaak word, is die volgende: die kerk het deur die eeue 'n besondere waardering en respek gehad vir die taak en funksie van die doktore in die Teologie. Dit het inderdaad tot groot seën van die kerke gedien. Calvyn se standpunte het dikwels tot verwarring aanleiding gegee, maar andersyds ook bygedra tot die erkenning van die belangrike funksie of taak wat hierdie vierde diens kerklik verrig. Net so vervul die doktore in die Teologie 'n besondere wetenskaplike rol aan teologiese fakulteite van universiteite.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License