SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

RHEEDER, Riaan A.L.. 'n Verkenning van sintetiese biologie: 'n Voorlopige Christelik-etiese beoordeling van die voor- en nadele van sintetiese biologie. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-10. ISSN 2305-0853.

Op 20 Mei 2010 het die Venter-instituut (in Amerika) aangekondig dat hulle die genoom van die organisme Mycoplasma mycoides ten volle in vitrogesintetiseer het (deur middel van 'n rekenaar, gekoppel aan 'n masjien wat gene sintetiseer). Die berig het verder gelei dat die genoom daarna teruggeplaas is in die omhulsel van 'n ander organisme (Mycoplasma capricolum) − en dat die gesintetiseerde genoom en organisme normaal gefunksioneer het. Hierdie gesintetiseerde organisme word gerekonstrueer om as minuskule fabriek te funksioneer met die doel om brandstof en medisyne te produseer en te sekreer − wat nie die natuurlike funksie van die organisme is nie. Aan hierdie tegnologie is daar ook bepaalde potensiële gevare verbonde. Wetenskaplikes is bang dat hierdie tegnologie mens, dier en omgewing kan kontamineer of infekteer en op dié wyse groot skade kan aanrig − en selfs tot mense se dood kan lei. Ander wetenskaplikes is weer bekommerd dat hierdie tegnologie deur terroriste gebruik kan word om onskuldige burgers dood te maak. Sommige etici is oortuig dat die gevolge van sintetiese biologie tans onvoorspelbaar, en daarom riskant is. Teenoor die potensiële gevare moet gestel word dat sintetiese biologie inderdaad omvangryke positiewe uitkomste soos die vervaardiging van biobrandstof en medisyne tot gevolg kan hê. Meeste wetenskaplikes en etici is van mening dat die potensiële gevare verbonde aan sintetiese biologie beoordeel moet word in die lig van die feit dat genetiese manipulasie in die afgelope 30 jaar geen biologiese ramp veroorsaak het nie. Uit 'n Christelike oogpunt word voorlopig geoordeel dat sintetiese biologie nie 'n onverantwoordelike wetenskap en tegnologie is nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License