SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2To cross ten seas: Calvin on the unity of the church - a contribution to a more responsible ecclesiology índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE KLERK, Barend J.. Die krag van lofpsalms om bewustheid van ekologiese aangeleenthede by erediensdeelnemers aan te wakker. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-09. ISSN 2305-0853.

Die liturgie behoort opnuut 'n sensitiwiteit by gelowiges te skep om God as die Skepper én Herskepper van die heelal te verheerlik. Die psalms kan met groot vrug gebruik word om gelowiges se ekologiese bewussyn op te skerp. Die saak word aan die hand van drie skeppingspsalms ondersoek, naamlik Psalm 19, 104 en 148. Dit vra veral hoe die lof in hierdie sogenaamde skeppingspsalms daartoe bydra om gelowiges in hulle eie konteks op te skerp om nie net die natuur te bewaar nie, maar om deur die natuur God met woord en daad te verheerlik. Omdat die ekologiese krisis ons aarde, lug en water, met ander woorde ons basiese lewensmiddele regstreeks raak, behoort aanbidders in die erediens ernstig oor hulle betrokkenheid by die ekologie te laat besin. Die verwoesting van ekologiese sisteme het 'n regstreekse uitwerking op alle ander probleme en nood wat deur plant, mens en dier ervaar word. Die klem van Psalm 19 op die hemelruim plaas lugbesoedeling, aardverwarming en die skade aan die osoonlaag op die agenda van elke deelnemer aan die erediens. In die lofliedere in Psalm 104 en 148 is die mens deel van die kunstige skeppingsweb wat bewaar behoort te word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons