SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VENTER, Dirk J. Die vervulling van die wet se vereiste in Romeine 8:4. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

God bewerk die vervulling van die wet se vereiste (δικαίωµα) deur die bemiddeling van (die sending van) Christus. Dié wat 'in Christus' is, is die begunstigdes van die feit dat die vereiste van die wet vervul is, met die gevolg dat hulle nie meer aan die bepalinge van Tora as sodanig onderhewig is nie. Aangesien hulle 'in Christus' is, word dit egter voorsien dat hulle steeds sodanig sal leef dat dit ooreenstem met wat Tora in beginsel van hulle sou vereis indien hulle steeds daaraan onderhewig was, maar dat hulle dit nou vanweë die heerskappy en bekragtiging van die Gees uitleef. Gevolglik gee hulle lewens gestalte aan die uiteindelike (enkelvoudige) doel en vereiste (δικαίωµα) van Tora. Die vervulling van die wet se vereiste verwys nie na die vervulling van slegs die 'morele' vereistes nie, maar ook na dít wat dikwels op anachronistiese wyse as die 'seremoniële' wet afgesonder word. Uiteindelik het God, wat Tora oorspronklik daargestel het, die vervulling van die wet se bedoeling gerealiseer - iets wat vanweë die onvermoë van die wet ongerealiseerd gebly het in die epog voor die koms van Christus en die gawe van die Gees.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons