SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VENTER, Dirk J. Romeine 8:3-4 en God se oplossing van die drievoudige probleem van sonde, die onvermoë van die wet en die swakheid van die vlees. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

In die lig van Romeine 7:7-25 impliseer 8:3-4 dat die 'onvermoë van die wet' 'n noemenswaardige deel van die groter probleem van die sonde was wat opgelos moes word. Hierdie insig tree veral duidelik na vore wanneer die sinsnede waarmee Romeine 8:3 begin (τό ... αδύνατον) geïdentifiseer word as 'n akkusatief van opsig (met bysinne) en nie, soos dikwels veronderstel word, 'n anakoluthon nie. Die twee probleme wat met sonde gepaard gaan (die onvermoë van die wet en die swakheid van die vlees), word dus deur Paulus uitgelig as die primêre verwysingspunte ten opsigte waarvan die stellings in Romeine 8:3-4 gemaak word. In Romeine 8:3 wys Paulus dat God, deur sy Seun te stuur, die probleme van die sonde en die vlees aangespreek het deurdat die sonde in die vlees (van Christus) veroordeel is. Dit het die doel-gevolg gehad dat die meegaande probleem van die onvermoë van die wet ook opgelos is, aangesien Christus die vereiste van die wet vervul het (Rom 8:4).

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons