SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

SCHOLTZ, Jacob J.. Die koninkryk van die hemele en Matteus 10. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel bespreek die sendingdiskoers in Matteus 10 en beweer dat dit 'n enkele sendingopdrag is wat twee diskrete tydperiodes dek wanneer die evangelie van die koninkryk verkondig is. Hierdie sendingopdrag is tydens Christus se eerste koms aan die 12 apostels gegee om die evangelie van die koninkryk net in Israel te verkondig. Omdat 'hierdie geslag' die onvergeeflike sonde gedoen het, is hierdie sendingopdrag uitgestel en sal hervat word tydens die Verdrukking wanneer die komende Koning Joodse boodskappers sal magtig om weer die evangelie van die koninkryk te verkondig - hierdie keer tot getuienis vir al die nasies. Hierdie artikel stel 'n chiastiese struktuur vir Matteus 9:36-11:1a voor wat gebaseer is op hierdie siening van die sendingdiskoers in Matteus 10. Daarna word elke afdeling van die teks kortliks bespreek. Alhoewel die Kerk toepassings uit hierdie diskoers kan maak, word geargumenteer dat Matteus 10:5b-42 nie na die Kerk-era verwys nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons