SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

RHEEDER, Riaan. Sintetiese biologie eties geëvalueer: Die skeppende God en medeskeppende mens. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-09. ISSN 2305-0853.

God het nie net eenmaal geskep en daar gestop nie. Uit Skrifgetuienisse kan afgelei word dat God voortdurend nuwe dinge tot stand bring of skep. Daarom kan die mens verwag om gedurig nuwe dinge in die skepping te sien en te beleef. Hiermee saam kan verwag word dat die mens as beeld van God voortdurend nuwe dinge in die geskiedenis tot stand sal bring. Alhoewel die natuur waarde het, het dit nie absolute waarde nie en kan dus verantwoordelik gesintetiseer word. Die gedagte dat die mens rentmeester van God is, is nie meer voldoende om die mens se verhouding tot die natuur teologies te verwoord nie. Nuwe biotegnologiese ontwikkelinge vra na ander antwoorde vanuit die Skrif. Verskeie etici is van mening dat die teologiese konstruksie van die mens as geskepte medeskepper kan help om die mens se verhouding tot die natuur te begrond. Die mens het deur 'n evolusionêre proses tot God se beeld ontwikkel. Aan die een kant beteken dit dat die mens self 'n produk van die natuur is. Aan die ander kant is beeldskap ook 'n etiese oproep dat die mens, soos God, nuwe dinge in die geskiedenis moet ontwikkel en skep. Sintetiese biologie kan gesien word as tegnologie wat moontlik is omdat die mens na die beeld van God geskape is. Sonder twyfel moet sintetiese biologie egter verantwoordelik beoefen word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons