SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1He is risen! A play based on Acts 1:1-12 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

FOURIE, Madelein. Spiritualiteit in die werkplek: 'n Inleidende oorsig. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

Hierdie navorsing is vanuit 'n publieke prakties-teologiese perspektief onderneem. Dit beoog om 'n beter begrip van die mens in al sy of haar lewensfasette te verkry. Dit het ten doel om die ervaring van sin en betekenis buite die mure van die kerk te fasiliteer om mense sodoende in staat te stel om eksistensiële vrae te kan beantwoord. In hierdie artikel is die fokus spesifiek op die werkende individu en die betekenis wat aan werk geheg word, gerig. Korporatiewe belangstelling in werkplek-spiritualiteit is nie 'n vlietende tendens nie, maar 'n basiese beweging met 'n verskuifde perspektief, gerig op die betekenis van werk. Organisasies van die een-en- twintigste eeu vereis dat werknemers hulle totale self - fisies, intellektueel en ook spiritueel - na die werkplek bring. 'n Groeiende aantal werknemers is op soek na meer as slegs ekonomiese beloning - hulle verkies eerder beloning in die vorm van inspirerende en betekenisvolle werk. Daar is genoegsame bewys dat spiritualiteit in die werkplek vir die skep van 'n nuwe organisatoriese kultuur met gelukkiger en beter presterende werkers verantwoordelik is. Daarmee saam word werknemer-motivering en -betekenisvolheid van die werkservaring verhoog. Die resultaat is 'n opwaartse spiraal tot voordeel van die werkende individu asook van die werkplek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License