SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1Pastoral elements in HebrewsPrinciples for poverty alleviation among the youth in Northern Uganda índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

COETSEE, Dirk  e  GROBBELAAR, Jan. Om ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders toe te rus om emosioneel gekweste kinders in Afrika te ondersteun deur genesende gemeenskappe. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-11. ISSN 2305-0853.

In Afrika is daar talle emosioneel gekweste kinders wie se omstandighede en ervarings nie tot hulle welsyn en gesonde ontwikkeling bydra nie. Hierdie kinders het 'n intense behoefte aan genesing. Dit wil egter voorkom of die kerk se opvoedkundig-georiënteerde bediening aan kinders en die individualistiese pastorale praktyk nie daarin slaag om effektief aan hierdie behoefte te voldoen nie. Nadat daar oorsigtelik na die probleem gekyk is, fokus die artikel op die ontwikkeling van ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders in genesende gemeenskappe as 'n alternatiewe benadering om emosioneel gekweste kinders te bedien. Met verwysing na 'n illustratiewe uitbeelding van 'n kamp vir emosioneel gekweste kinders, word sommige elemente wat tot die sukses van die kamp bygedra het, uitgelig. Hierdie elemente word dan aan die effektiewe funksionering van genesende gemeenskappe verbind. Daarna word die opleidingsproses vir fasiliteerders van sulke groepe bespreek. Die artikel sluit af deur die kerk in Afrika tot 'n nuwe bedieningspraktyk uit te daag.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons