SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1Who is Theophilus? Discovering the original reader of Luke-ActsAspects regarding a turnaround process author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETSEE, Dirk  and  GROBBELAAR, Jan. Om ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders toe te rus om emosioneel gekweste kinders in Afrika te ondersteun deur genesende gemeenskappe. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-11. ISSN 2305-0853.

In Afrika is daar talle emosioneel gekweste kinders wie se omstandighede en ervarings nie tot hulle welsyn en gesonde ontwikkeling bydra nie. Hierdie kinders het 'n intense behoefte aan genesing. Dit wil egter voorkom of die kerk se opvoedkundig-georiënteerde bediening aan kinders en die individualistiese pastorale praktyk nie daarin slaag om effektief aan hierdie behoefte te voldoen nie. Nadat daar oorsigtelik na die probleem gekyk is, fokus die artikel op die ontwikkeling van ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders in genesende gemeenskappe as 'n alternatiewe benadering om emosioneel gekweste kinders te bedien. Met verwysing na 'n illustratiewe uitbeelding van 'n kamp vir emosioneel gekweste kinders, word sommige elemente wat tot die sukses van die kamp bygedra het, uitgelig. Hierdie elemente word dan aan die effektiewe funksionering van genesende gemeenskappe verbind. Daarna word die opleidingsproses vir fasiliteerders van sulke groepe bespreek. Die artikel sluit af deur die kerk in Afrika tot 'n nuwe bedieningspraktyk uit te daag.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License