SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1Flows of worship in the network society: Liminality as heuristic concept in Practical Theology beyond action theoryA few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DUBE, Zorodzai. Die omvattende kulturele uitbeelding van heidene: 'n Kontekstuele benadering met behulp van die migrasieteorie. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

Hoe word sosiale en kulturele grense geskep en onderhou? Tot 'n mate bewerkstellig die manier waarop mense uiterlik voorkom, aantrek en praat kulturele kenmerke wat sekere groepe van ander onderskei, en verleen so aan hulle 'n bepaalde identiteit en klassifisering. So 'n gemeenskaplike identiteit moet mettertyd aangepas word as mense van ander kulture met ander gebruike deel word van die binnekring. In hierdie verband merk James Dunn op dat, in die eerste eeu na Christus, die Jode en heidene aangespoor is tot 'n samehorigheidsgevoel wat deurdie bekering van heidene tot die Christendom genoodsaak is. In reaksie hierop het die Jode aanvanklik verwag dat die heidene die Joodse wet moes nakom. Hierdie artikel bou op Dunn se siening, naamlik dat die onderhouding van die Joodse wet sosiale strategieë ontwikkel het wat die heidene onvoorwaardelik uitgesluit het. Dunn brei egter nie verder oor die sogenaamde strategieë uit nie. In hierdie artikel word gepoog om hierdie leemte aan te vul deur middel van 'n vergelyking met kontemporêre migrasie in Suid-Afrika en die strategieë van insluiting en uitsluiting wat bespeur word in sulke kontekste, te verdiskonteer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons