SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1Welcoming outsiders: The nascent Jesus community as a locus of hospitality and equality (Mk 9:33-42; 10:2-16)Fulfilment of righteousness: Historical and ontological perspective of Matthew 3:15 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

DUBE, Zorodzai. Die omvattende kulturele uitbeelding van heidene: 'n Kontekstuele benadering met behulp van die migrasieteorie. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp. 01-07. ISSN 1018-6441.

Hoe word sosiale en kulturele grense geskep en onderhou? Tot 'n mate bewerkstellig die manier waarop mense uiterlik voorkom, aantrek en praat kulturele kenmerke wat sekere groepe van ander onderskei, en verleen so aan hulle 'n bepaalde identiteit en klassifisering. So 'n gemeenskaplike identiteit moet mettertyd aangepas word as mense van ander kulture met ander gebruike deel word van die binnekring. In hierdie verband merk James Dunn op dat, in die eerste eeu na Christus, die Jode en heidene aangespoor is tot 'n samehorigheidsgevoel wat deurdie bekering van heidene tot die Christendom genoodsaak is. In reaksie hierop het die Jode aanvanklik verwag dat die heidene die Joodse wet moes nakom. Hierdie artikel bou op Dunn se siening, naamlik dat die onderhouding van die Joodse wet sosiale strategieë ontwikkel het wat die heidene onvoorwaardelik uitgesluit het. Dunn brei egter nie verder oor die sogenaamde strategieë uit nie. In hierdie artikel word gepoog om hierdie leemte aan te vul deur middel van 'n vergelyking met kontemporêre migrasie in Suid-Afrika en die strategieë van insluiting en uitsluiting wat bespeur word in sulke kontekste, te verdiskonteer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License