SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1Moulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 TimothyPreaching as reframing of perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DUBE, Zorodzai. Insluiting en verwelkoming van buitestaanders: Die ontluikende Jesus-gemeenskap as lokus van gasvryheid en gelykheid (Mark 9:33-42; 10:2-16). In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

Die onlangse globale krisis het miljoene mense sonder formele werk gelaat en so die vervreemding tussen arm en ryk verder vergroot. Die moderne ideologie van neo-liberalisme stel voor dat die armes steeds hoopvol moet bly en hulleself geleidelik op ekonomiese gebied opwerk. Wat is die oplossing vir die byna onoorbrugbare sosiale en ekonomiese kloof tussen arm en ryk? Hierdie artikel gebruik die huidige situasie van sosiale polariteit om aan te dui dat 'n soortgelyke situasie reeds in Jesus se tyd bestaan het - toe rykes ryker geword het ten koste van die armes. Markus 9:33-42 en 10:2-16 word gebruik om aan te toon hoe Jesus 'n 'alternatiewe ekonomiese sisteem' geskep het wat lynreg teenoor die onderdrukkende hiërargiese en patriargale Romeinse Ryk gestaan het. Jesus het geloofsgemeenskappe gevorm wat direk op die ekonomiese uitdagings van die haweloses gereageer het deur 'alternatiewe ekonomiese sisteem' te skep, gebaseer op liefde en gasvryheid. Tekste soos Markus 9:33-42 en 10:2-16 kontrasteer op strategiese wyse die twee opponerende ekonomiese sisteme deur twee verskillende 'ekonomiese huise' uit te beeld: die ideologie van die 'die ekonomie van die breë samelewing' wat die hiërargiese Romeinse ekonomie vergestalt, en die ideologie van die 'die ekonomie van die huishouding' waar Jesus sy dissipels oproep om radikaal om te gee vir en uit te reik na armes, haweloses, weduwees en weeskinders. Voordat hierdie verder ondersoek is, is die moontlike sosiale konteks van die Skrifgedeeltes ondersoek.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons