SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1Suffering in the perspective of God's governance, eschatology and God's councilThe discursive cultural representations of Gentiles: A contextual approach using migration theory author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

DUBE, Zorodzai. Insluiting en verwelkoming van buitestaanders: Die ontluikende Jesus-gemeenskap as lokus van gasvryheid en gelykheid (Mark 9:33-42; 10:2-16). In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp. 01-07. ISSN 1018-6441.

Die onlangse globale krisis het miljoene mense sonder formele werk gelaat en so die vervreemding tussen arm en ryk verder vergroot. Die moderne ideologie van neo-liberalisme stel voor dat die armes steeds hoopvol moet bly en hulleself geleidelik op ekonomiese gebied opwerk. Wat is die oplossing vir die byna onoorbrugbare sosiale en ekonomiese kloof tussen arm en ryk? Hierdie artikel gebruik die huidige situasie van sosiale polariteit om aan te dui dat 'n soortgelyke situasie reeds in Jesus se tyd bestaan het - toe rykes ryker geword het ten koste van die armes. Markus 9:33-42 en 10:2-16 word gebruik om aan te toon hoe Jesus 'n 'alternatiewe ekonomiese sisteem' geskep het wat lynreg teenoor die onderdrukkende hiërargiese en patriargale Romeinse Ryk gestaan het. Jesus het geloofsgemeenskappe gevorm wat direk op die ekonomiese uitdagings van die haweloses gereageer het deur 'alternatiewe ekonomiese sisteem' te skep, gebaseer op liefde en gasvryheid. Tekste soos Markus 9:33-42 en 10:2-16 kontrasteer op strategiese wyse die twee opponerende ekonomiese sisteme deur twee verskillende 'ekonomiese huise' uit te beeld: die ideologie van die 'die ekonomie van die breë samelewing' wat die hiërargiese Romeinse ekonomie vergestalt, en die ideologie van die 'die ekonomie van die huishouding' waar Jesus sy dissipels oproep om radikaal om te gee vir en uit te reik na armes, haweloses, weduwees en weeskinders. Voordat hierdie verder ondersoek is, is die moontlike sosiale konteks van die Skrifgedeeltes ondersoek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License