SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

STEYN, Gert J.. Elemente van die Universum in Philo se De Vita Mosis: Kosmologiese teologie of teologiese kosmologie?. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel het ten doel om ondersoek in te stel na Philo se begrip van die heelal en veral die vier basiese elemente soos dit deur die Griekse filosowe geleer is. Dit het verder ten doel om vas te stel tot watter mate hierdie denke sy beskrywing van die God van Israel se wêreld, waarbinne die Moses-vertelling ontvou, beïnvloed het. Gegewe die feit dat Philo 'n teoloog par excellence is, kan die vraag gevra word of Philo se benadering nader is aan wat 'n mens 'n 'teologiese kosmologie' kan noem, of eerder nader aan 'n 'kosmologiese teologie' is? Na 'n kort oorsig oor Philo se neiging om die Joodse geskiedenis in die lig van die Griekse kosmologie te interpreteer, analiseer die artikel Philo se heelal soos dit gesimboliseer word in die hoëpriester se klere. Die τετρακτύς met sy 10 punte van harmonie is 'n sleutel tot Philo se simboliek en numerologie. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat Philo nie kosmologie per se in sy De Vita Mosis beskryf nie, maar eerder 'n teologie wat die kosmiese superioriteit en betrokkenheid van Israel se God skets teen die agtergrond van Griekse kosmologie soos dit deur Pythagoras se geometrie en numerologie sowel as deur Plato se filosofie beïnvloed is. In hierdie opsig is sy weergawe in die De Vita Mosis nader aan 'n kosmologiese teologie. Hy maak gebruik van die kosmologiese beeld van die Grieks-Hellenistiese wêreld ten einde die kragtige aard en eienskappe van Israel se God voor te stel en aan te bied.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons