SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

JORDAAN, Gert J.C.. Kosmologie in die boek van Openbaring. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Die kosmologie van Openbaring getuig van God se herstelde regering oor die geskape heelal (κόσµος). Regdeur die boek word die κόσµος volgens sy samestellende dele beskryf, naamlik hemel, see en aarde. Oppervlakkig beskou, lyk hierdie beskrywing na die antieke Joodse en mitologiese drie-verdieping-kosmologie van 'daar bo', 'hier onder' en 'daar onder'. Hierdie ooreenkoms is egter slegs oppervlakkig. Hemel word deur Johannes nie soseer in ruimtelike sin gebruik nie, maar in temporele sin: as simboliese verwysing dat God bo tyd en geskiedenis verhewe is. Hemel is ook 'n kwalitatiewe verwysing na 'n toestand van volmaakte gehoorsame aanbidding van God. Desgelyks word aarde meestal gebruik as metafoor vir 'n sondige mensdom onder Satan se heerskappy. Tog bly die aarde deel van God se skepping onder sy goddelike heerskappy, en word dit selfs aangetoon as 'n toevlugsoord vir die kerk in hierdie bedeling. Waar die see in Openbaring nie na 'n fisiese verskynsel verwys nie, word dit dikwels deur biblioloë op gelyke vlak met die diep put of die onderwêreld gestel. Johannes gebruik die see egter meestal as metafoor vir die boosheid waaruit die dier sy oorsprong het, asook vir alles wat sondig en onrein is. Openbaring 21 en 22 maak bekend dat hemel, see en aarde in die eschaton deel sal wees van die nuwe skepping -vernuwe tot op die punt waar God se heerskappy herstel is en erken word regdeur die κόσµος.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License