SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

POTGIETER, Raymond. 'n Oortuigde oproep tot geloof: Die herontdekking van die relevansie van Christelike kategismusse. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

Die protestantse erfenis is sinoniem met die tradisionele gebruik van die kategismusse en die kategetiese onderrig van oud en jonk. Baie kerkgenootskappe neig weg van hierdie historiese benadering hoofsaaklik as gevolg van die uitdagings van die sogenaamde kategetiese leemtes in die hantering van derde millenniumkwessies. Die Heidelbergse, Anglikaanse en Westminsterse Kategismusse laat ruimte vir spesifieke onderskeidings wat eie is aan elke unieke protestantse geloofsgemeenskap, maar wat nogtans binne die breër ekumeniese tradisie aanvaar word. 'n Herontdekking van die historiese konteks van hierdie tradisionele formulerings sal tradisioneel kerklik-protestantse buigsaamheid illustreer wat met konfessionele vastheid gepaard gaan. Hierdie artikel verwys na konfessionele inhoud oor die algemeen sonder om spesifieke inhoud aan te toon. Die doel is dus om aan te toon hoedanig hierdie polariteite die belydende kerk daadwerklik kan help om die daaglikse uitdagings van die Christelike geloof op so 'n wyse te hanteer dat daar weer vertroue in die algemene getuienis van die kerk in die derde millennium sal wees.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License