SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE BOER, Erik A.. Christologie en die Christelike geloof: Die teologiese krag van die drievoudige amp in Kategismussondag 12. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Die konsep van die drievoudige amp van Jesus is ontwikkel in die verklaring van die naam Christus. Die drie onderskeie ampte in Israel, die van koning, priester en profeet, word gesien as verenig in die Messias. Aangesien die vereniging van al drie ampte in een persoon nie soseer in een spesifieke Bybelteks gevind word nie, word dit as 'n teologiese konsep beskou. Dit is sodanig vir die eerste keer in die Heidelbergse Kategismus (HK) ontwikkel. Hierdie artikel ondersoek die ontwikkeling van die uiteensetting van die Apostoliese Geloofsbelydenis in die konteks van vroeëre Lutherse en gereformeerde kategismusse. Daar word veral na Johannes Brenz se Kategismus, wat voor 1563 in die Pfalz gebruik is, gekyk. Die vernaamste bron van die Heidelberger is die sogenaamde Catechismus minor van Zacharias Ursinus, wat weer deur Martin Bucer en Johannes Calvyn en hul onderskeie Kategismus beïnvloed is. 'n Uitstaande kenmerk van die Heidelbergse Kategismus is vraag en antwoord (V/A) 32, wat aan 'n parallelle uiteensetting van die naam Christen gewy is. Dit kan aan die hand van die Engelse vertaling van Caspar Olevianus se werk, A Firm Foundation, verduidelik word. Die kategetiese krag van die konsep van Christus se drievoudige amp word gedemonstreer in die gebruik daarvan in sistematiese teologieë, soos Gerrit Immink en Michael Welker se Christologieë.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License