SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

POTGIETER, Pieter C.. 'n Beter begrip van die vergifnis van sonde in die vroegste kommentaar op die Heidelbergse Kategismus. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel toon aan dat daar, wat die vergifnis van sonde betref, nie net groot ooreenstemming en dieselfde basiese benadering ten opsigte van geloofskwessies in die kommentare van Ursinus en Olevianus op die Heidelbergse Kategismus is nie, maar dat daar ook 'n waardevolle wedersydse aanvulling van mekaar se werk is. Albei het by geleentheid in Genéve onder Calvyn gestudeer: sy invloed is onmiskenbaar in hulle leerstellige benaderings. In Ursinus se Explicationum Catecheticarum weeg die akademiese korrektheid swaarder, terwyl daar in Olevianus se Vester Grundt ook 'n pastorale en spirituele dimensie bykom. Olevianus se betrokkenheid by die opstel van die Heidelbergse Kategismus is soms sterk bevraagteken, maar nuwe navorsing laat genoegsaam blyk dat albei teoloë inderdaad deel gehad het daaraan, en ook goed toegerus was met die nodige agtergrond om 'n nadere verklaring van die Kategismus die lig te laat sien. Albei benadruk die onbetwisbare en enigste verdienste van Jesus Christus deur sy middellike dood aan die kruis as enigste grond vir God se genadige vergifnis van die sondaar. Dit is God se vrye guns, wat aangeneem word in geloof en vertroue deur die verdienste van Christus.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons