SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

STRAUSS, Piet. Die wet is evangelie: Die Heidelbergse Kategismus steeds aktueel na 450 jaar. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-5. ISSN 2305-0853.

In die denke van Martin Luther bestaan daar spanning tussen die wet van God en die evangelie. Vir Luther is liefde die eie werk en die wet die vreemde werk van God. Daarteenoor integreer of versoen Johannes Calvyn God se wet met die evangelie. Hy vertolk die openingswoorde van die wet byvoorbeeld as liefdevol en bevrydend en daarom evangelies. Calvyn beskou die wet as die manier waarop 'n Christen sy liefde vir God uitleef en sy dankaarheid teenoor God vir sy verlossing betoon. Calvyn se siening oor die verhouding tussen die wet en die evangelie het 'n betekenisvolle invloed op die Heidelbergse Kategismus se formulering ten opsigte van hierdie saak. Volgens die Kategismus is die wet evangelie, of die vorm wat die evangelie in die lewe van die mens aanneem.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License