SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2Salvation: From Pelagius to Joseph Smith índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

FITZGERALD, John T.. Kosmologieë van die antieke Mediterreense wêreld. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.64-70. ISSN 2305-0853.

Kosmologie het te doen met die orde van die heelal en wil rekenskap gee van hierdie orde en ook van die bewussyn daaragter. In die antieke tyd is die kosmos gewoonlik godsdienstig verstaan, met die gevolg dat die kosmologieë van die antieke Mediterreense wêreld óf 'n godsdienstige aard gehad het óf bestaan het uit 'n reaksie op 'n godsdienstig-geskepte begrip van die strukture van die heelal. Mites was die oudste vorm waarin antieke kosmologieë voorkom wat vanweë hulle plooibaarheid dit bewerk het dat hierdie kosmologieë deur verskillende groepe toegeëien, aangepas en gebruik kon word. Hierbenewens het verskillende kosmologieë in die antieke kultuur langs mekaar bestaan - elkeen met sy eie gesagstatus. Hierdie artikel bied 'n inleidende oorsig oor hierdie kosmologiese mites en redeneer dat 'n vergelykende benadering die mees geskikte vir die bestudering van hierdie mites is. Daar word op sekere prominente kosmologiese temas gefokus, waaronder teogonie (die ontstaan van die goddelike) of die verhouding tussen die goddelike en die kosmos, kosmogonie (die ontstaan van die kosmos), en antroponogie (die ontstaan van die mens binne die kosmos). Alhoewel hierdie mites grootliks verskil in terme van inhoud en hoe dit die ontstaan van die kosmos visualiseer, word die dood as deel van die opbou van die heelal deur baie van hulle uitgebeeld.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons