SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN ALTEN, Erik. Van reformasie na kontra-reformasie en tot verdere reformasie: 'n Skets van die anti-Roomse agtergrond van die Heidelbergse Kategismus. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.37-43. ISSN 2305-0853.

Daar is reeds baie geskryf oor die anti-Roomse sentiment wat uit die Heidelbergse Kategismus spreek. Inhoudelik voer die Kategismus dikwels 'n stryd met die Roomse leer. Die oorsprong van hierdie anti-Roomse sentiment kom egter nie net uit handboeke nie en dit was ook nie bloot 'n akademiese oefening nie. Dit was eerstens veral 'n reaksie op die kerklike konteks van daardie tyd. Dieselfde tyd toe Keurvors Frederick III opdrag gegee het vir die opstel van die Heidelbergse Kategismus, het die Konsilie van Trente aan die oorkant van die Alpe vergader. Dit is merkwaardig dat hierdie vergadering kort voor dit besluit het om op sy eie 'n kategismus op te stel. Die besluitnemers in Heidelberg was heel waarskynlik volkome bewus van wat in Trente gebeur het en het dienooreenkomstig opgetree. Onderliggend aan die besluit om opdrag te gee tot die opstel van die Heidelbergse Kategismus, was die besef van die belangrikheid van kategese. In verskeie dokumente wat nóú aan die Heidelbergse Kategismus verwant is, word die belangrikheid van kategese beklemtoon. Dit is egter interessant dat hierdie dokumente ook die kontras tussen die gereformeerde beginsel van kategetiese onderrig en die Roomse sakrament van die vormsel aantoon. Terwyl kategetiese onderrig kinders vanaf hulle doop tot by die nagmaal begelei, misken die sakrament van die vormsel die noodsaaklikheid van enige vorm van kategetiese onderrig.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons