SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2An ethics of love: The ethical relevance of the Heidelberg CatechismThe reception of the Heidelberg Catechism (Sunday 17 and 22) with regard to the resurrection within the nineteenth century Dutch Reformed Church (Part 1) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETZEE, Carel F.C.. Die Godsbegrip soos dit deur die Heidelbergse Kategismus begrond en bely word. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.10-19. ISSN 2305-0853.

Alhoewel die Heidelbergse Kategismus (HK) nie 'n sistematiese Godsleer bevat soos sommige van die ander belydenisskrifte nie en bronne oor die spesifieke onderwerp betreklik skaars is, is dit tog een van die belangrikste onderwerpe wanneer daar oor die teologie van die HK gehandel word (W. van 't Spijker). Vanweë die voorgeskrewe lengte, word daar in hierdie artikel slegs op twee aspekte van die Godsleer gefokus, naamlik die Drie-eenheid en die verhouding van God tot die kosmos (werklikheid). Hierdie twee aspekte is juis besonder relevant in die lig van standpunte wat die leer van die Drie-eenheid in gedrang bring deur onder andere die Godheid van Christus en sy liggaamlike opstanding te bevraagteken. Verder word daar vandag gepleit vir 'n nuwe Godsbegrip, bekend as Panenteïsme, waardeur die grens tussen God en sy skepping vervaag. In die Suid-Afrikaanse konteks word hier kortliks aandag aan die standpunte van van Spangenberg, Van Aarde en Müller gegee. Die God wat in die HK bely word, is die drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. In die nouste en logiese samehang hiermee bely die HK die Godheid van Christus en van die Heilige Gees. Wat die verhouding tussen God en die skepping betref, bely en leer die HK, in ooreenstemming met die kerk van die eerste eeue, 'n persoonlike God - die Vader van Jesus Christus wat ter wille van Christus die Vader is van die uitverkorenes. Hierdie God is die almagtige Skepper van hemel en aarde. Hy leef in 'n verbondsverhouding met sy skepping wat Hy elke oomblik onderhou en regeer. Hy is tegelyk transendent en immanent.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License