SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VERSTER, Pieter. Neutraal of sekularisties, humanisties en paganisties: Die alternatiewe godsdiens van die Weste?. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

Die soeke na neutraliteit in die wetenskapsbeoefening van die Weste het daartoe gelei dat 'n alternatiewe godsdiens na vore gekom het. Hierdie godsdiens is sekularisties, humanisties en paganisties. Die Christelike grondslae is verruil vir uitgangspunte wat die Christelike boodskap ondergrawe. Is daar 'n Christelike antwoord op die problematiek van die alternatiewe godsdiens wat in die Weste na vore kom? Die Christelike boodskap behoort 'n volledige en omvattende saak te wees. Wetenskap wat vanuit 'n Christelike geloofsperspektief beoefen word, behoort daarom onder andere die volgende aspekte te vertoon: 'n Verruimende perspektief van die erkenning van God, waarin die vryheid in Christus die ware vryheid tot die lewe is; ook medemenslikheid in die wetenskapsbeoefening vanuit die perspektief dat God die Een is wat in Jesus Christus die ware lewe gee. 'n Eskatologiese perspektief moet ook nie ontbreek nie. Die reformatoriese vernuwing van die samelewing en veral die wetenskap vereis die erkenning van Jesus Christus se lewensomvattende invloed en heerskappy. Hierdie apekte sal in die artikel bespreek word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License