SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

THERON, Petria M.. Kulturele perspektiewe op korrupsie in Afrikalande suid van die Sahara: 'n Prakties-teologiese respons. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Volgens Transparency International se 2012-Corruption Perceptions Index het 89.6% van Afrikalande suid van die Sahara 'n telling van minder as 50 gekry, waar 'n telling van nul op hoe korrupsie dui en 'n telling van 100 aandui dat 'n land vry van korrupsie is. Hieruit blyk dat hierdie lande kwesbaar is vir korrupsie. In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek dat daar sekere eienskappe in die kultuur van hierdie lande is wat mense se persepsie van, en moontlike deelname aan, sekere vorme van korrupsie kan be'invloed. Aandag word aan aspekte soos kommunalisme, die gee van geskenke en 'n 'skandekultuur' gegee. Die navorsing toon dat kultuur wel mense se gedrag be'invloed en dat daar sekere eienskappe in die kultuur van Afrikalande suid van die Sahara is wat korrupsie kan versterk. Op grond van hierdie bevindinge word 'n paar voorlopige voorstelle gemaak oor hoe Christene wat in Afrika woon aspekte van hulle kultuur in die lig van God se Woord en vanuit 'n gereformeerde teologiese paradigma kan evalueer. In plaas daarvan om toe te gee aan die druk van hulle kultuur om aan immorele of korrupte aktiwiteite deel te neem, kan Christene tot 'n morele herlewing op die Afrika-kontinent bydra.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License