SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

SWART, Alta E.  and  COETZEE, Carel F.C.. Die skrifbeskouing van feministiese teoloe, in die besonder die van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Dit wil voorkom asof die feministiese Skrifbeskouing op die beginsel van selektiewe Skrifgesag berus. Dit beteken dat slegs dié dele in die Bybel wat met die feministiese ideologie ooreenstem, as gesaghebbend aanvaar word. Dit is veral die sogenaamde androsentriese taalgebruik wat dit vir aanhangers van hierdie benadering moeilik maak om die hele Skrif as gesaghebbend te erken. Hermeneuties vertoon hierdie benadering groot ooreenkomste met die Postmodernisme, waarin geen vaste reëls bestaan om die betekenis van tekste te bepaal nie. Gesien in die lig van die gereformeerde teologie, soos veranker in die Woord en belydenisskrifte, vertoon die feministiese teologie ernstige leemtes. Die bydraes (Skrifbeskouing) van drie prominente feministiese teoloë - Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - word onder die loep geneem en teologies-krities geëvalueer ten einde hierdie leemtes uit te wys.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License