SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KOMMERS, Johan. 'n Vlam van heilige liefde: Sendingsbetrokkenheid van vroue in die negentiende eeu. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-12. ISSN 2305-0853.

Vroue-sendelinge het in die negentiende eeu geleenthede vir prestasie en aanvaarding in die publieke domein gevind wat hulle andersins misgun is. Hoewel hulle die voortou geneem het met bewegings vir die kerstening en modernisering van gemeenskappe in Asie en Afrika deur middel van die evangelisasie, opvoeding en fisiese versorging van vrouens, is hulle motiewe en die manier waarop hulle te werk gegaan het, bevraagteken. Dit is dus nodig om die opoffering en toewyding van hierdie vroue, wat die negentiende e eeu uitgesonder het as die belangrikste eeu vir Christelike uitbreiding, te herontdek. Hierdie merkwaardige vroue het alles opgeoffer en vele van hulle het 'n onuitwisbare indruk gemaak het op die mense in wie se stede hulle uiteindelik tuisgegaan het. Hulle staan uit as voorbeelde vir die huidige generasie. Al het hulle soveel dinge verloor wat deur die wereld as belangrik geag is, het hulle veel gekry uit dit wat hulle persoonlik hoog geag het. Vir hulle het die relatiewe waarde van tydelike dinge min beteken, solank hulle die ewige waardes kon vestig. Hulle het voorwaar Paulus se woorde uitgeleef: 'Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus' (Fil 3:14).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License