SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

HALE, Frederick. 'Fundamentalisme' en 'fundamentalis' semanties beskou: Leksikale oorsprong, vroee polisemie en verwording. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Die terme fundamentalis (as 'n selfstandige sowel as byvoeglike naamwoord) en fundamentalisme het binne die Noordelike Baptiste-tradisie ontstaan toe hulle en ander Amerikaanse Protestantse denominasies onrus op teologiese gebied beleef het as gevolg van die opkoms van teologiese modernisme. Die betoog in hierdie artikel is dat albei hierdie terme aanvanklik positiewe betekenis gehad het toe dit deur die beskermers van die ortodoksie gebruik is. Albei terme is egter binne weke na hulle ontstaan deur minder konserwatiewe Christene gekritiseer. Soos vele ander teologiese terme, het hierdie woorde ook semantiese veranderinge ondergaan, in hierdie geval met ongunstige betekenis en leksikale uitbreiding. Boonop is die term fundamentalis teen 1923 ook in die politieke joernalistiek gebruik om na die rigiede navolging van een of ander ideologie te verwys. Die grootste verandering, en een wat hierdie neologismes algemeen in Noord-Amerika sowel as in die Verenigde Koninkryk gevestig het, het egter gekom met die wyd gepubliseerde 'Scopes monkey trial' in 1925 toe die assosiasie van fundamentalis en fudamentalisme met anti-intellektualisme en verkramptheid 'n hoogtepunt bereik het.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License