SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DIEDERICKS, Morné  e  COETZEE, Carel F.C.. Die voorsienigheidsleer vanuit die gereformeerde belydenisskrifte teenoor Adrio König se voorsienigheidsleer - 'n Dogma-historiese beoordeling. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

König is 'n aktuele en invloedryke teoloog en sy standpunte kan nie gei'gnoreer word nie (Strauss 2004:123). König (2002:13) beskou homself as 'n gereformeerde teoloog alhoewel sy voorsienigheidsleer van die klassieke gereformeerde siening verskil. In sommige gevalle word König se teologie as reformatories gesien (bv. sy leer oor die regverdigmaking) en in ander gevalle weer nie, byvoorbeeld die leer oor die voorsienigheid (Strauss 2004:139). Volgens König (2002:33) is die klassieke gereformeerde verstaan van die voorsienigheid nie werklik vertroostend nie. Die klassieke gereformeerde siening van die voorsienigheid maak volgens König van God 'n bose God wat die kwaad beskik en dan net toekyk as die kwaad gebeur. König (2002:237) se oplossing vir die probleem van die klassieke gereformeerde siening is dat God nie ten volle in beheer is nie, maar dat Hy eendag eers in beheer sal kom. Hierdie siening van König is in stryd met die gereformeerde belydenis waarin bely word dat God deur sy voorsienige hand alle dinge onderhou en regeer. Die gevolgtrekking is dat König se voorsienigheidsleer in die lig van die gereformeerde belydenis nie vertroostend is of kan wees nie en net meer verwarring en wanhoop veroorsaak.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons