SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DIEDERICKS, Morné  and  COETZEE, Carel F.C.. Die voorsienigheidsleer vanuit die gereformeerde belydenisskrifte teenoor Adrio König se voorsienigheidsleer - 'n Dogma-historiese beoordeling. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

König is 'n aktuele en invloedryke teoloog en sy standpunte kan nie gei'gnoreer word nie (Strauss 2004:123). König (2002:13) beskou homself as 'n gereformeerde teoloog alhoewel sy voorsienigheidsleer van die klassieke gereformeerde siening verskil. In sommige gevalle word König se teologie as reformatories gesien (bv. sy leer oor die regverdigmaking) en in ander gevalle weer nie, byvoorbeeld die leer oor die voorsienigheid (Strauss 2004:139). Volgens König (2002:33) is die klassieke gereformeerde verstaan van die voorsienigheid nie werklik vertroostend nie. Die klassieke gereformeerde siening van die voorsienigheid maak volgens König van God 'n bose God wat die kwaad beskik en dan net toekyk as die kwaad gebeur. König (2002:237) se oplossing vir die probleem van die klassieke gereformeerde siening is dat God nie ten volle in beheer is nie, maar dat Hy eendag eers in beheer sal kom. Hierdie siening van König is in stryd met die gereformeerde belydenis waarin bely word dat God deur sy voorsienige hand alle dinge onderhou en regeer. Die gevolgtrekking is dat König se voorsienigheidsleer in die lig van die gereformeerde belydenis nie vertroostend is of kan wees nie en net meer verwarring en wanhoop veroorsaak.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License