SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DU PLESSIS, Amanda L.. Die bediening van hoop op grondvlak in post-apartheid Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-6. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die bediening van hoop en versoening aan oënskynlik hooplose vroue ondersoek in die Suid-Afrikaanse konteks van hoop en versoening. Dit is reeds 19 jaar sedert apartheid afgeskaf is en 'n demokratiese beleid in Suid-Afrika gevolg word. Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is getaak om die bevolking van Suid-Afrika na hoop en versoening te lei. Dit wil egter voorkom asof die bevolking van Suid-Afrika tans verder van rekonsiliasie is as direk na 1994. Die vraag kan tereg gevra word of dit 'n beeld is van 'n land wat genesing beleef. Ondanks die staking van die WVK se werksaamhede en die oorwegend negatiewe ingesteldheid van 'n groot deel van die bevolking rakende die toekomsverwagtinge in Suid-Afrika, is daar diegene op grondvlak wat elke dag daarna streef om versoening in die samelewing te bewerkstellig deur die lewe van ander te probeer vergemaklik. Die vroue genaamd 'Mamas Afrika' is voorbeelde van diegene wat, met die minimum hulpbronne tot hulle beskikking, daagliks die hooploses met hoop bedien. Die konsep Mamas Afrika verwys na vroue van alle rasse wat hulle, as uitvloeisel van hulle geloof en vertroue in God, beywer tot onderlinge versoening. Die vraag wat hier ter sprake is, is die volgende: Wat is die relevansie van die Christelike hoop en versoening as dryfveer vir morele aksie in die Suid-Afrikaanse samelewing se groei na versoening en nasiewording soos toegepas deur die Mamas Afrika?

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License