SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE BRUYN, Joseph J.. Die amp van profeet as 'n noodmaatreël. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

Die bedoeling was aanvanklik nie dat daar 'n profetiese amp in Israel moes wees nie. 'Profetisme' was veronderstel om deel van die priesterlike amp te wees. Die priesters het dus as profete opgetree. Oor die algemeen word die Ou-Testamentiese profete as persone beskryf wat die Woord van God verkondig het. Op 'n soortgelyke algemene wyse word priesters as persone beskryf wat hulle werk by die tempel verrig het en wie se taak dit was om namens die Israeliete te offer. Hierdie artikel argumenteer egter dat Jahwe oorspronklik met die instelling van die priesteramp meer as net offerdiens in gedagte gehad het. Jahwe het oorspronklik die priesteramp ingestel om die Woord van God te preek en om advies te gee in oorstemming met die wil van Jahwe soos dit in die Tora vervat is. In hierdie artikel word die chronologiese geskiedenis van Israel soos dit in die Hebreeuse Bybel beskryf word, bestudeer. Die terme profeet, profesie en profetisme soos in die Hebreeuse Bybel gebruik, sal ook beskryf word. In die bestudering van hiervan sal aangedui word dat Jahwe persone van buite die kultus slegs as profete aangestel het wanneer die priesters in hulle profetiese taak gefaal het of wanneer Hy verandering in die bestaande kultus of politieke stelsel te weeg wou bring. Jahwe het dus die profete-amp as noodmaatreël gebruik wanneer die priesters in hulle profetiese roeping gefaal het.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons