SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BALOYI, Magezi E.. Vroueslanery onder Afrikane as 'n uitdaging vir pastorale sorg. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

Tradisionele Afrikane is nog altyd daarvoor bekend dat hulle die instelling van die huwelik respekteer. Verbasend genoeg is vroueslanery egter 'n ou gevestigde gebruik wat vandag algemeen onder Afrikane voorkom. Die mate waartoe diepgewortelde gebruike soos vroueslanery as 'n manier om gesag af te dwing en orde in die huis te handhaaf, gekonfronteer sal moet word met wat as goeie praktyk beskou word vanuit die gesigspunt van die reg, die gemeenskap en pastorale versorgers, is dus 'n belangrike navorsingsvraag. Baie vroue dra fisiese en emosionele littekens wat deur hulle eggenote veroorsaak is. Alhoewel daar baie vorme van vrouemishandeling in familiesituasies voorkom, fokus hierdie artikel veral op vroueslanery wat om tradisionele en verwante redes beoefen word. Hierdie navorsing probeer vasstel of die redes vir vroueslanery deel van die tradisionele sisteem uitmaak waarvolgens orde in die huishouding gehandhaaf is. Dit ondersoek regs- sowel as pastorale ingryping wat sodanige gedrag probeer elimineer of voorkom.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License