SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BALOYI, Magezi E.  y  MANALA, Matsobane J.. Pastorale sorg aan of met seksbebehoewende swanger vrouens in 'n Afrika-konteks. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Die doel van hierdie artikel is om die problematiese seksuele lewens van sommige vrouens in Afrika na vore te bring. Die probleme kom voor ten spyte van die feit dat hulle getroud is omdat lang tydperke van onthouding, veral tydens swangerskap, vir hulle voorgeskryf word. 'n Literatuurstudie, veral oor die Yoruba se seksuele praktyke, dui daarop dat gedwonge onthouding van seksuele aktiwiteite gedurendede swangerskap heersend is. Verder kom dit ook voor asof baie vrouens nie daarmee probleme ervaar nie, waarskynlik as gevolg van hulle geïnternaliseerde patriargale oortuigings en waardes, wat vir sosialiseringsdoeleindes voorgeskryf word. Hierdie studie fokus op die verskynsel van onthouding van geslagsomgang gedurende swangerskap deur vrouens in sommige Afrika-gemeenskappe. Die artikel ondersoek die volgende: Swart Afrikane se tradisionele seksbeskouing, die mediese seksbeskouing en die Christelike tradisie se seksbeskouing. Die verskynsel van seksonthouding in 'n Afrika-konteks word ook ondersoek. Die bevindinge lei tot 'n kritiese evaluering van die fenomeen en die soeke na pastorale riglyne wat transformasie, intimiteit en toewyding in seksuele verhoudings in families in Afrika sou kon fasiliteer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons