SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN VLASTUIN, Willem. Tussen tradisie en vernuwing: Enkele oorwegings in verband met die gebruik van tradisie in die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.433-440. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel fokus op die spanning tussen tradisie en vernuwing in die praktyk van die Christelike kerk. Eerstens word die probleem vanuit die reformatoriese perspektief van die sola scriptura geïllustreer, wat aan die een kant tot kritiek op die tradisie gelei het, maar terselfdertyd word die reformatoriese beweging as deel van die tradisie verstaan. Die gevaar van 'n ongekwalifiseerde handhawing van die sola scriptura-oortuiging is subjektiwiteit. Vervolgens word die belangrikheid van die tradisie uitgebrei vanuit die perspektief van die kerk as liggaam van Christus oor alle eeue. Dit impliseer dat Christene tradisionele teologie behoort te bestudeer, omdat die fundamentele eenheid van die kerk kulturele diversiteit oorkom. Die verwerping van die tradisie sal gevolglik die kerk van sy geestelike wortels afsny. Derdens bring dit die vraag na vore of die kerk deur tradisie gevange gehou word. In hierdie verband wys die artikel daarop dat die leer van die inkarnasie openheid ten opsigte van die geskiedenis waarborg. Met behulp van die Christelike siening van strukturele gebeurlikheid, word die oortuiging dat die tradisie prinsipieel vir vernuwing oop is, verdedig. 'n Paar voorbeelde word gegee om te illustreer hoe klassieke teologiese konsepte in ons postmoderne tyd benut kan word. Die artikel sluit af met 'n verwysing na die insig van Siprianus, naamlik dat net die oorgelewerde tradisie vernuwe kan word. Dit impliseer dat vernuwing essensieel nie 'n nuwe teologie is nie, maar 'n nuwe toepassing van die klassieke teologie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License