Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
VAN DER MERWE, Dirk G. e ALBALAA, Pierre Y.. Die metafoor van lig ingebed in die Johannese proloog, Deel 2: Die Lig tydens en na die inkarnasie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.424-432. ISSN 2305-0853.
Hierdie is die tweede van twee artikels om aan te toon hoe die vierde evangelis die lig-metafoor in die proloog van die Vierde Evangelie ingebed het. Die proloog is deurdrenk met hierdie metafoor. Deur middel van 'n behoorlike diskoersanalise is die diepte-struktuur van die teks ondersoek om die retoriek en netwerk van semantiese verhoudings vanaf die perspektief van lig as onderwerp te bepaal. Hierna is die teologiese struktuur van die teks ondersoek. Verskeie teologiese temas is in die teks verweef, met 'lig' as 'n konstante verankerde metafoor wat 'n rykdom van fasette en interpretasie insluit. Hierdie navorsing fokus op die ingebedheid van die lig-metafoor in die Johannese proloog soos wat dit verband hou met die funksionering van die Woord tydens en na die inkarnasie.