SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MBAMALU, Abiola. Begunstiging en kliëntskap in die vierde evangelie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.404-411. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die begrippe begunstiging en kliëntskap as 'n sosiaal-wetenskaplike model vir die verstaan van die vierde evangelie aangewend. Die doel van hierdie artikel is om aan die leser 'n nuwe begrip te bied wat andersins onontgin sou bly. Die teks van die vierde evangelie word vanuit een invalshoek onder ander invalshoeke gelees en daar word nie voorgegee dat elke segment van hierdie betrokke evangelie daardeur belig sal kan word nie. Daar word vanuit 'n selektiewe invalshoek gefokus op sekere dele waarin die teks verlig word deur perspektiewe wat deur die beskermheer-kliënt model gebied word. So 'n fokus beklemtoon juis die grootste geskenk wat Jesus Christus aan die mensdom gee, naamlik die gawe van lewe. Jesus gee namens die Vader, wie die uiteindelike beskermheer is, die seëninge van die koninkryk aan diegene wat in Hom glo. Terselfdertyd daag Jesus ook die aanvaarde model rakende die draagwydte van beskermheer-skap uit deur verskeie handelinge wat vir slawe gereserveer was, self te verrig, soos dit blyk uit die was van sy dissipels se voete.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License