SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

PIETERSE, Hennie J.C.. Teoretiese versterking van die konsep appèl in geanaliseerde preke oor Matteus 25: 31-46 in die konteks van armoede in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.396-403. ISSN 2305-0853.

Vanuit 'n kwalitatief-gegronde teorie-ontleding (grounded theory analysis) van 26 preke met Matteus 25:31-46 as preekteks, het 'n retoriese struktuur na vore gekom waarmee predikers hulle toehoorders wil oorreed om armes te versorg. Die homiletiese konsep van appèl, hou verband met al die kategorieë wat uit die inhoudsanalise van die binnewêreld van die 26 preke na vore gekom het, asook die kategorieë waarin die retoriese struktuur sigbaar is. Die artikel bespreek die dimensies in die konsep van appèl wat na vore kom uit die preke waarin die retoriese struktuur duidelik is, welke retoriese teorie as teoretiese basis kan dien vir die konsep van appèl in verband met die retoriese struktuur in die preke, asook teenoor welke dilemma die predikers te staan kom wanneer hulle probeer om hulle hoorders te oorreed om vir armes te versorg. Die deliberatiewe retoriese teorie van Aristoteles en die klassieke teorie met die dimensies logos, etos en pathos word in die artikel bespreek as teoretiese versterking vir die konsep van appèl op die toehoorders van die preek. Die artikel poog om aan te toon hoe 'n mens teoretisering vanuit 'n gegronde teorie-ontleding van preke met Matteus 25:31-46 as preekteks kan aanpak, met as resultaat, 'n teorie waarmee predikers gehelp word om in die armoedekonteks van Suid-Afrika te preek.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons