SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1A practical-theological reflection on the role of perceptions in the act of listening and the importance of dialogue in discourses about sermonsTheoretical strengthening of the concept of appealing in analysed sermons on Matthew 25: 31-46 in the context of poverty in South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

VAN WYK, J.H.(Amie). Die uitdaging van die ateïsme en antiteïsme: 'n Teologiese gesprek met Armando Pellencin oor sy boek Ateïsme: die saak teen God (1 & 2). In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp. 381-395. ISSN 1018-6441.

In hierdie artikel beskryf die outeur hoedat hy onverwags in 2007 in 'n debat met die ateïs Armando Pellencin betrokke geraak het en hoedat dit uiteindelik gelei het tot die skryf van hierdie artikel oor ateïsme. Nadat hy in 'n kort intermezzo 'n oorsig oor die opkoms van ateïsme gebied het, lewer die outeur daarna 'n uiteensetting van die standpunte van Pellencin. In die volgende hoofdeel van die artikel argumenteer die outeur dat Pellencin - asook ander ateïste - nie afdoende en bevredigende antwoorde kan gee op die vyf fundamentele lewensvrae nie. Hierdie fundamentele lewensvrae is die volgende: Hoe verwerf 'n mens kennis (waarheid)?; Waar kom alles vandaan?; Waar gaan alles heen?; Wat is die sin van die lewe?; Hoe kan 'n mens tussen goed en kwaad onderskei? Die outeur konkludeer dat ateïsme, as geloofskeuse en lewens- en wêreldbeskouing faal vanweë die inherente tekortkomings wat aan die reduksionisiese benadering van naturalisme, rasionalisme, positivisme en sciëntisme verbonde is.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License