SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

STRAUSS, Pieter J.. Ekumeniese kerkreg: Die aangewese weg?. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.332-338. ISSN 2305-0853.

Die argument word gehoor dat kerkregeringstelsels soos dié van die Rooms-Katolieke, Lutherse en gereformeerde kerke van 'n transendentale aard was en is. Daardeur word geïmpliseer dat hierdie stelsels een transendentale, unieke vaste beginsel gebruik om 'n hele stelsel van kerkregering van buite af te bepaal. Volgens Leo Koffeman, 'n voorstander van 'n ekumeniese kerkreg, plaas hierdie stelsels hulself hiermee buite die diskoers oor kerkreg en kerkregering en die beweging van die Heilige Gees. 'n Ekumeniese kerkreg, daarenteen, is ten gunste van 'n gemeenskaplike kerkreg tussen kerke. Omdat dit verskillende tradisies bymekaar bring, is dit 'n kritiese en daarom beter benadering. Die skrywer oorweeg hierdie argumente krities in die lig van 'n gereformeerde benadering tot kerkreg.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License