SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BRANCH, Robin Gallaher. 'n Studie van die vrou tussen die menigtes en haar desperate dapperheid (Mark 5:21-43). In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.319-331. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel ondersoek die reliëfverskyning van 'n naamlose vrou in die evangelie van Markus. Sy was deel van die skare wat Jesus gevolg het (Mark 5:24b-34). Omdat sy kronies siek en moontlik sterwend was, het sy gedink sy is onopvallend in die skare. Sy word in die teks geïdentifiseer in terme van haar geslag, siekte, verbondstatus, langdurige lyding en armoedige voorkoms. 'n Noukeurige bestudering van die gedeelte openbaar ook haar heimlikheid, desperaatheid, moed en welsprekendheid - alles eienskappe van 'n sterk karakter en, soos dit later blyk, haar gefokusde geloof op Jesus. Deur die letterkundige en kanonieke insigte te kombineer, wys die artikel hoe die verhaal van die anonieme vrou, gesien teen die agtergrond van die genesing van Jaïrus se dogtertjie, lig werp op die ontwikkelende konsepte van geloof, vrees, suiwerheid, dissipelskap, belydenis en familie-aangeleenthede in die boek Markus. Die vrou se interaksie met Jesus verskaf diepte aan Markus se uitbeelding van Hom en maak 'n bydrae tot Markus se deurgaanse openbaring dat Jesus inderdaad die Seun van God is (Mark 1:1).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License