SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VILJOEN, Francois P.. Geregtigheid van Jesus en Johannes in Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.311-318. ISSN 2305-0853.

Geregtigheid vorm 'n belangrike motief in die eerste evangelie. Hierdie artikel fokus op twee van die sewe voorkomste van hierdie term in Matteus, waar dit na Jesus en Johannes verwys. Die argument in hierdie artikel is dat Matteus doelbewus die woord geregtigheid in verband met Jesus en Johannes gebruik om die lewenstyl van sy gemeenskap te omskryf. Jesus vorm die sentrale fokus van hierdie gemeenskap se identiteit. Jesus het Homself volledig met sy volk geïdentifiseer en alle geregtigheid vervul. Johannes word beskryf as 'n persoon wat Jesus tereg herken het. In sy verkondiging en optrede het hy ook alle geregtigheid vervul. Die Matteus-gemeenskap moet dieselfde doen. Hoewel die woord geregtigheid in 'n soteriologiese sin gebruik kan word, gebruik Matteus dit in 'n etiese sin. Met geregtigheid verwys Matteus na die gepaste gedrag en gesindheid vir sy gemeenskap. As 'n onderskeidende faktor, kontrasteer hy die geregtigheid van sy gemeenskap met dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License