SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1Metatheoretical assumptions in scientific pastoral-theological researchFighting corruption - a philosophical approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

JONCK, Petronella; LE ROUX, Anda  y  HOFFMAN, Lizette. 'n Kwantitatiewe ondersoek na die invloed van enkele demografiese veranderlikes wat verband hou met vroulike ampsdraers. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.258-265. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel ondersoek lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers. Vir die doel van hierdie navorsingsprojek is die volgende navorsingsvraag geformuleer: Wat is kerklidmate se houding teenoor vroue as ampsdraers in die gemeente? Hierdie navorsingsvraag is met behulp van die volgende hipotese ondersoek: Daar is statisties-beduidende verskille tussen kerklidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers en 'n aantal demografiese veranderlikes soos die geografiese ligging, die geslag, die huwelikstatus en die ouderdom. 'n Totaal van 1052 respondente bestaande uit 326 (31%) lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, 311 (29%) lidmate van die Christelike Herlewingskerk, 217 (21%) lidmate van die Gereformeerde Kerk en 198 (19%) lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk is by die ondersoek betrek. Data is met behulp van 'n biografiese vraelys, asook die Petro Jonck Houding teenoor Vroulike Ampsdraers-vraelys ingesamel. Meerveranderlike variansie-ontledings is toegepas. Satistiese analise het getoon dat kerklidmate deurgaans 'n positiewe houding aangaande vroulike ampsdraers aanneem. Verder is gevind dat die geslag, die huwelikstatus en die geografiese ligging die grootste invloed op kerklidmate se houding ten opsigte van vroulike ampsdraers uitgeoefen het. Die opleidingsvlak het geen statisties-beduidende invloed op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers uitgeoefen nie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons